Welkom by
Lekker Luister
Luister hier na
Afrikaanse Oudiostories
vir Kinders





Voorbeeld Stories

Apie en Bobbejaantjie gaan jag
Apie en Bobbejaantjie sien hoe 'n jagter 'n luiperd skiet en besluit daar en dan dat hulle ook jagters wil wees.
Tyd: 16:46
Apie en Bobbejaantjie gaan jag
Skrywer: Helena JF Lochner
Akteurs: Christelle Webb-Joubert, Jacques Wolmarans, Juanita de Villiers, Renske Jacobs, Michelle Botha, Kaz McFadden, Tiaan Slabbert

Trix & Patat Episode 1
Trix en Patat ontmoet mekaar vir die eerste keer, en besef sommer dadelik dat hulle sommer nog groot maats gaan word.
Tyd: 6:33
Trix & Patat Episode 1
Skrywer: Christelle Webb-Joubert
Akteurs: Christelle Webb-Joubert en Juanita de Villiers

Die kleurvolle wegkruipertjie
Tommie Tor en Willie Wurm is beste maatjies. Hulle speel elke dag wegkruipertjie. Willie het egter 'n geheim waarvan Tommie nie weet nie.
Tyd: 11:17
Die kleurvolle wegkruipertjie
Skrywer: Jaco Schoeman
Akteurs: Michelle Botha, Mandi Baard, Leché Joubert en Kaz McFadden
WIE IS ONS
Christelle Webb -Joubert
Ek is al vir meer as 16 jaar ‘n omroeper en akteur, sowel as regisseur en vervaardiger van radioprogramme. Dis my passie om prentjies te skep, met net woorde, musiek en byklanke. Met Lekker Luister hoop ek om kinders (en hulle ouers) se verbeelding aan te gryp met stories.
Op ‘n persoonlike noot . . . ons seuntjie is op die outismespektrum en is nie-verbaal. Hy sal moontlik ook nooit self kan lees nie, so Lekker Luister is vir hom, en almal anders wat WIL maar nie KAN lees nie.
Met baie liefde, Christelle



Juanita de Villiers
Stories was nog altyd ‘n groot deel van my lewe as ’n aktrise. En nou as ’n nuwe ma, meer as ooit. Dit maak my kinderlik opgewonde om te weet Lekker Luister is daar vir my kind, en ook vir ander kinders om na te luister en hulle verbeelding te verryk.
Ek onthou as dogtertjie hoe my ma my altyd herinner het om middae voor die radio in te skuif en na die middagstorie te luister. Dit was die beste 10 minute van my dag. Daar het ’n hele nuwe wêreld oopgegaan in my verbeelding waarheen ek kon ontsnap. ’n Wêreld-in-my-kop wat ek self gebou en geskep het. Ek hoop dat elke storie vir elke kind lewend sal word in hulle verbeelding, en dat hulle dit nie net sal geniet nie, maar ook lewenslessies daaruit sal kan neem.
Liefde Juanita

Praat met ons...







